Anakita (Stichting)

Nieuwsbrief 9

3 september 2006

Jaargang 2         augustus 2006                                                                               Nieuwsbrief nummer 9

 


Veghel, 20 augustus 2006

 


Het is al weer wat langer geleden dat we een nieuwsbrief hebben uitgebracht. Dat heeft te maken met de vakantietijd. Dat wil niet zeggen dat er niets gebeurd is in Nederland en Zuid-Afrika. Dat onze nieuwsbrief gelezen wordt hebben we kunnen merken aan de oproep te reageren om mee te beslissen over onze website. Vele en alleen maar positieve reacties. Vandaar dat wij op onze laatste bestuursvergadering besloten hebben om naar een geschikt bedrijf te gaan zoeken. We zijn hierbij uitgekomen bij Argeweb. Al enige tijd is onze website dan ook eenvoudiger te benaderen en te vinden. Het adres is nu: www.kinderenvanviljoenskroon.nl Ook via Google en andere zoekmachines zijn we nu snel te vinden. Een van onze bestuursleden, de heer Gijs van Liempd, heeft de kosten voor het eerste jaar voor zijn rekening genomen waarvoor wij hem hartelijk danken.

 

Donaties

Mevrouw Lia van den Berg schonk onze stichting een bedrag van € 215 ter gelegenheid van haar jubileum bij het Koning Willem I College.

 

Op vrijdag 30 juni zijn Nelly van Veghel en Roos Rovers als afgevaardigden van onze stichting aanwezig geweest bij de verdeling van de gelden opgebracht door de geraniumactie van het Zwijsen College te Veghel. Op deze ochtend zijn aan meerdere doelen cheques overhandigd. Onze stichting mocht een gift van € 1.500 ontvangen. De symbolische overhandiging van het geld werd gedaan door de leerlingen die zich hebben ingezet bij de verkoop van de geraniums. Als tegenprestatie hebben wij de leerlingen een ingelijste foto van de kinderen van de hospice en een Zuid-Afrikaans dankwoordje overhandigd. Wij hopen dat dit een plaatsje krijgt in hun gebouw. Mogelijk dat we dan in een van de volgende jaren nog eens kunnen aankloppen.

 

 
Voortgang Projecten

Wij ontvingen een eerste rapportage over de periode januari tot en met juli 2006.

 

Verbouw van de Hospice

Het project is opgeleverd. Het gebouw is uitgebreid, heeft een nieuw dak gekregen, is van een nieuwe pleisterlaag voorzien, geschilderd en betegeld. Er zitten nieuwe plafonds in en de stoep is opnieuw aangelegd. Onze stichting heeft het totale bedrag van € 14.000 betaald.

 

Aanschaf van dagelijkse medicijnen

Hiervoor is een bedrag van € 4000 gestort. Dr. Peter Shahim heeft een speciale rekening geopend en de eerste zending medicijnen zijn onlangs binnen gekomen. Binnenkort krijgen we een opgave van de soort en het aantal.

 

HIV testen

In de eerste helft van 2006 zijn 40 testen uitgevoerd. Hiervan zijn 31 van het vrouwelijke en 9 van het mannelijke geslacht.

 

 

Voorlichting
Die totale persone bereik vanaf Januarie 2006 tot Junie 2006 is 13 112.
Onderwerpe van voorligting is Infeksie Voorkoming, Vensters van Hoop vir kinders, Hoe om te sorg vir ‘n persoon wat bedlêend is. “ABC - Abstain, Be Faithful, Condomise”


Berichten uit Viljoenskroon
Over de maand juli ontvingen we het volgende verslag:
Hier is ons verslag van die afgelope maand!  Hier by Hospice was ons die afgelope drie maande nogal aanmekaar besig!
Ek gaan sommer met die slegte nuus eerste afskop.  In die afgelope maand het ons twee van ons kinders verloor, Tumelo Moeti en Jacob Ramaele, beide kinders was nie vreeslik lank in ons sorg nie maar omdat dit winter is was dit maar baie swaar vir die meeste pasiente.

 

 

Ons het vanoggend (Maandag, 10 Julie) ‘n klein twee maande oue seuntjie opgeneem, sy moeder is baie siek en kan om hierdie rede nie self na hom kyk bedags nie. Sy naam is Kananelo.
Dan het ons laas week ook ‘n klein dogtertjie van vyf maande opgeneem haar naam is Hilda.

 

Oor die algemeen is daar nie regtig klagtes op hierdie stadium nie behalwe vir die winter wat  so koud is en die kinders wat dan siek word.
Die hoeveelheid pasiente wat ons tans op ons boeke het word elke week meer.  Ons het ‘n groot aantal weeskinders wat ook nou op ons boeke is, dit is maar deel van die Aids krisis wat ons tans beleef wat veroorsaak dat soveel kinders wees gelaat word deur die siekte.
Groete aan almal!  Maggie vd Merwe

 

Het verslag van augustus:
Eerste die grootste dankie vir al die baie klere! Dit is absoluut wonderlik om te weet dat daar nogsteeds Samaritane is in hierdie dag en tyd waarin ons leef!

 

Die dag wat die klere hier aangekom het, was een van ons ander Donateurs se verteenwoordiger, Me. Sizakele Zuma van Aids Foundation South Africa ook hier, sy kon nie glo al die klere nie! Die Elton John Comic Relief Fund, voorsien aan Hospice deur middel van Aids Foundation South Africa, hulle fokus is ook op OVC’s (Orphans and Vulnerable Children) sy was verbaas om te sien dat mense uit die buiteland so baie omgee.

 

Tweede Dankie is die tweede betaling van die geld vir die Medisyne, Toetse en Voorligting!!!  Ons het reeds die eerste klomp medisyne ontvang, Dr. Peter Shahim, het vir ons ‘n rekening geopen op sy naam sodat ons die medisyne wat ons nodig het deur hom kan bestel.  Ons is dankbaar daaroor.  Hier is foto’s aangeheg van die eerste klomp goed wat ontvang is.

Met die kinders gaan dit baie goed, die winter is nou amper verby so hulle kan nou weer makliker asemhaal!!

 

Hierby is ook foto’s van ons groente tuin, ons het ‘n Vrywillige werker gehad wat in die groente tuin gewerk het maar hy het ons ongelukkig verlaat, maar daar het vinnig nuwe mense gekom om te help.  Dit koolkoppe is baie groot en die pietersielie plantjies het sommer soos klein boompies gegroei!

Die klein twee maande oue seuntjie Kananelo, het ons nou agter gekom se regte naampie is eintlik Katleho! Met hom gaan dit voor die wind! Al die ander nuwe kindertjies, Lesego en Hilda het ook mooi aangepas.

 

Ons het nie klagtes nie behalwe dat die “Zozo” (die gebou waar die klein babatjies 0 – 2jr) raak hopeloos te klein, ek het ook foto’s daarvan hierby ingesluit!

 

Met die pas afgelope Raadsvergadering wat Maandag gehou is, het die Raad dit goedgekeur dat ons ‘n Maatskaplike Werker kan aanstel, so bid asseblief saam met ons dat dit sal goed gaan as ons haar aangestel het, dit is die enigste manier hoe ons werklik ‘n tasbare verskil in hierdie mense se lewens kan maak, is wanneer hulle toegang het tot “Government Grants”.

 

Berichtje van Roy van Vuren:
 
Ek het gister 'n bestuursvergadering van Hospice namens die Stichting bygewoon. Ek wil net graag vir julle vertel van die ongelooflike dankbaarheid van al die lede van die bestuur vir wat julle vir Hospice doen. Elke kledingstuk, speelgoed, geld of wat ook al word opreg waardeer. Doet zo voort!!
  
PS Ek het dat hulle 'n paar fotos neem van die groentetuin. Van hierdie surplus word ook aan ander mense verkoop vir ekstra fondse, die res gebruik hulle as vars voedsel vir die kinders. Ek het egter 'n probleem met die water wat hulle gebruik. Dit is dorpswater wat uit 'n kraan kom en wat baie duur is. Ek dink as hulle die geld vat wat vir die water betaal word en koop groentes daarmee, bereik hulle dalk dieselfde doel. Maar dan ontneem hulle die idee om self iets te doen en staan hulle net bakhand en wag om te ontvang.
Ek wil graag voorstel dat julle as 'n projek daaraan kan dink om geld in te samel dat 'n boorgat gesink kan word en dan 'n elektriese pomp op te sit om die water uit die grond te trek.Dit sal baie goedkoper wees om groentes so te produseer. Dink asseblief daaraan.

 

Groetnis  Roy

 



Terug naar de nieuwspagina van Anakita (Stichting)